Die DXCluster wat is dit en hoe werk dit?

Deur die jare het radioamateurs gesoek na maniere om mekaar effektief te verwittig van kontakte met raar en/of ongewone en/of gesogte DX kontakte.  Die ouens het gesoek na n effektiewe manier om dit vinnig en betroubaar by mekaar uit te kry.

Dit het gelei tot die ontwikkelling van DX Clusters.  Dit is maar net n Bulletinbord wat toegewy is aan die aankondiging van DX kontakte.

Die boodskappe bestaan uit n enkel reel (amper soos n SMS) en het die volgende komponente: Die roepsein van die aankondiger (Spotter), die roepsein van die DX stasie (Spot of DX), die frekwensie en tyd & datum asook n kort opmerking.

Aanvanklik is die inligting in pakkette oor radio versend beide HF en VHF/UHF.  Dit het soedig die frekwensies op veral HF totaal oorlaai.  Deesdae word die grootste gros hiervan met die Internet tussen die verskillende DXCluster Nodes versend en baie gebruikers koppel ook hieraan met internet.  Ons het daarin geslaag om die DXSpider Node program vroeer vanjaar geinstalleer te kry en het reeds die Internet toegang daarheen baie suksesvol aan die werk gekry.  Die volgende stap is nou om die SPOTS ook met radio (VHF/UHF) te versprei.  Ons is tans besig om te kyk na die gepaste frekwensie hiervoor enige voorstelle???

Hoe kan jy die meeste en beste voordeel daaruit kry?

Daar is talle goeie DXCluster gebruikersprogramme en selfs Winpack kan hier help alhoewel dit nie daarvoor ontwerp is nie.  Ek het gevind dat VE7CC (Leslie Sawkins van Kanada) se program die beste resultate lewer en die die eenvoudigste is om te gebruik.  Dit is bruikbaar beide vir radio en internet koppelling en kan ook baie goed filter om net die band en modus wat jy wil gebruik te hanteer.  Jy kan dit aflaai by die volgende Internetadres: http://www.bcdxc.org/ve7cc/ve7cc.zip

Jy moet vir die Cluster vertel wat jy wil sien en wat nie: baie opsies is beskikbaar. Sien ook die webblad http://www.ve7cc.net vir meer besonderhede.

Gestel jy is n ou wat ernstig soek na n DXCC op 20m.  Dan kan jy die Cluster gebruik om na die lande te soek wat jy graag wil werk kry die ouens se besonderhede en stel n sked op deur e-pos?  Of as jy die DX sien deurkom gaan na die frekwensie en werk jou pad oop deur die pile-up.

Persoonlik gebruik ek dit vir die lekker op die oomblik om jaloers te word op die Europeers se Sporadiese E en  Tropo openinge op VHF/UHF/SHF.

Sommige radios soos die TS2000 kan die inligting sommer direk gebruik en jou radio self instem ideal vir ons ouens wat lui is of dalk nie so vinnig die radio kan instel nie wat ookal die rede daarvoor.

 

73s de ZS6JDE Hannes