Die Radioamateurkode
 

 

Nuut

 

RAE  opleidingsrooster vir 2018

 

 

Foto's van CQ WW kompetisie - sien "Foto's"

Luister hoe Quartus, ZS6EE, 'n opeenhoping van roepe werk!! (Die ler is 12Mb groot - so laai dit maar eers af)

 

 

 

Volgende klubbyeenkoms Saterdag 21 April 2018

Ons volgende klubbyeenkom sal by die klubhuis wees.  Chris Burger, ZS6EZ, kom met ons gesels oor radiokompetisies. Die ideale geleentheid om 'n paar dingetjies op te tel vir die CQ WW kompetisie op 27, 28 Oktober.

Komitee sal op gewone tyd, 12:00 vergader.

Program 2017/18

Datum

Item

21 Oktober ‘17

Ds Jan, ZS6JRK. Persoonlike projekte

18 November ’17

Afsluiting Kleinfontein

20 Januarie

Klubbyeenkoms. Nico van Rensburg, ZS6QL. IARU R1 se rol in amateur radio.

17 Februarie

Klubbyeenkoms. Hans Van den Groenendal, ZS6AKV. AMSAT SA en Kletskous

17 Maart

Kleinfontein werksnaweek en jakkalsjag

24, 25 Maart

CQ WPX Contest SSB

30 Maart

Paasnaweek

14 April

SARL Konvensie

21 April

Klubbyeenkoms:  Chris Burger, ZS6EZ - kompetisies

19 Mei

RAE

19 Mei

Klubbyeenkoms

16 Junie

Jeugdag, Klubbyeenkoms

21 Julie

Klubbyeenkoms

18 Augustus

Klubbyeenkoms

15 September

AJV

13 Oktober

RAE

20 Oktober

Klubbyeenkoms

27, 28 Oktober

CQ WW Contest SSB

17 Desember

Klubbyeenkoms

 

 

 

 

 

Klub se ou 4x2 stapel 2meter dipool te koop. R6000-00. Antenna nog in uitstekende toestand. Ongelukkig kan ons nie die antenna gebruik op die nuwe mas waarheen ons moet skuif nie (omrede die antenna nie aan die kant van die mas gemonteer kan word nie).

4x2 Stapel dipool

 

HF mobiele antenna installasie:

Dokumente is op die web gelaai. Sien "Projekte" => "Wenke om HF antenna op voertuig te installeer"

Ledegeld

Klub se ledegeld is R150/p/jr of R180 per gesin met meer as een radioamateur in die gesin. Boekjaar strek van 1 Oktober to 30 September. Ledegeld vir die jaar waarin die AJV gehou word moet betaal wees vir stemreg.

Batterylaaierstelletjie

Die klub het 'n aantal stelletjies saamgevoeg vir diegene wat self hul eie batterylaaierreguleerder wil bou. Opgradeer jou bestaande batterylaaier na een met heelwat intelligensie of gebruik dit om jou sonpaneel te reguleer. Stelletjies is R130. Diagramme en program is op die web beskikbaar.

Herhalertoon (CTCSS)

Op 1 Desember 2012 is die 88,5Hz subtoon op die herhaler aangeskakel.

Die toonbordjies verkoop soos soetkoek.  Sou u die bordjie benodig doen die betaling by ons bankrekening (hieronder) met roepsein en "toonbordjie" as verwysing en stuur 'n epos na ons eposadres, sekretaris@zs6mrk.org. Vir klublede is die prys R50; vir nie-klublede is die prys R150 vir gemonteerde bordjies. Posgeld is R20 sou die bordjies per pos versend moet word.

Kyk na die skakel  "Toonbordjie" vir meer tegniese inligting.


Klubhuis: H/v Breyerlaan en Millstraat, Waverley

Kontakbesonderhede
Posbus 31653
Waverley
0135

Rekeningbesonderhede

Magalies Radioamateurklub
Bank : ABSA
  Tak: Lyttelton kode:335045
Tjekrekeningnommer: '0600162020'
!! Verskaf u roepsein vir verwysing asseblief !!

sekretaris@zs6mrk.org
Maandvergaderings

Normaalweg die derde Saterdag van elke maand om 14:00 by die klubhuis behalwe gedurende Desember .

(Luister gereeld na die bulletins vir moontlike veranderings)

Aansoekvorm om lidmaatskap.

Opdatering van besonderhede.



 

Radio-amateur eksamen (RAE)

Vir datums, kostes en ekstra inligting kyk na: http://www.sarl.org.za/public/licences/rae.asp

Kontak gerus die webmeester by sekretaris@zs6mrk.org

Lys van DX roepseine (met dank aan Peet)

HamInfoBar
- Kyk gerus