Kennisgewings / Wats Nuut?
Radioamateureksamen - Desember 2020 rooster
Radioamateureksamen -
Mei 2020 rooster (Afgestel
)
Ledegelde - Jaarlikse ledelgeld is betaalbaar vanaf 1 Oktober vir die tydperk. Betaal asb so gou moontlik. EFT is aanvaarbaar met jou roepsein as verwysing. Ledegeld vir die komende jaar is tans R240 per enkellid en R300 per gesin. Indien daar 2 roepsyne in 'n gesin is, noem dit in die verwysing. Indien ledegelde nie opbetaal is nie sal 'n lid nie kan toegang kry tot die notules nie.
Radioamateureksamen - Oktober 2019 rooster
Sonkrag - 18 Mei klubbyeenkoms.
RTL_SDR aanbieding 27 April deur Thys ZS6MMJ
30,31 Maart CQ WPX Kompetisie te Kleinfontein - lede word uitgenooi om te kom kuier of selfs te kamp - kontak Kleingert ZS6HRN vir inligting. Kaart na Kleinfontein
Projekte: weerligbeskerming
Radioamateureksamen rooster vir Mei 2019
Teenspanning Desember 2018 - Mense het gevra vir 'n gedrukte uitgawe van Teenspanning. Ons het toe gedink om so elke nou en dan 'n PDF uitgawe van Teenspanning op die webwerf te plaas wat Teenspanning se aanlyn 'blog' sal komplimenteer deur van die artikels op 'n aflaaibare PDF te publiseer. Ons eerste uitgawe sedert die laaste PDF Teenspanning wat in Desember 2016 gepubliseer was is nou beskikbaar en kan hier afgelaai word: Teenspanning Des 2018. Lekker lees en laat weet wat julle daarvan dink.
Fotos opgedateer met 2018 CQ WW SSB Kompetisie en 2018 Kleinfontein afsluiting
Teenspannings Argief Al die teenspannings vanaf 1964 is nou op die web en kan besigtig word deur na die 'Teenspannings Arg' skakel aan die linkerkant te gaan. Ons dank Anette ZR6D vir die skandering van die ou argief materiaal.
Tuisgeboude 2-poort netwerkanaliseerder deur Nico du Toit ZS6OI -> sien Projekte
Luister hoe Quartus, ZS6EE, 'n opeenhoping van roepe werk!! (Die lêer is 12Mb groot - so laai dit maar eers af)
HF mobiele antenna installasie:
Dokumente is op die web gelaai. Sien "Projekte" => "Wenke om HF antenna op voertuig te installeer"
Batterylaaierstelletjie
Die klub het 'n aantal stelletjies saamgevoeg vir diegene wat self hul eie batterylaaierreguleerder wil bou. Opgradeer jou bestaande batterylaaier na een met heelwat intelligensie of gebruik dit om jou sonpaneel te reguleer. Stelletjies is R130. Diagramme en program is op die web beskikbaar.
Herhalertoon (CTCSS)
Op 1 Desember 2012 is die 88,5Hz subtoon op die herhaler aangeskakel.
Sou u 'n toonbortjie benodig vir u mobiele radio doen die betaling by ons bankrekening met roepsein en "toonbordjie" as verwysing en stuur 'n epos na ons eposadres, sekretaris@zs6mrk.org. Vir klublede is die prys R100; vir nie-klublede is die prys R250 vir gemonteerde bordjies. Posgeld is R99 sou die bordjies per koerier versend moet word.
Kyk na die skakel "Toonbordjie" vir meer tegniese inligting.
Lys van DX Roepseine (Laai af)