Die Amateurkode
Die amateur is ‘n ware heer. Hy sal nooit bewustelik of moedswillig die radiogolwe op so ‘n wyse vir sy eie genot aanwend om daardeur die genot vir ander te bederf nie. Hy lê hom neer by die onderneming wat die SARL aan die Owerheid beloof het.
Die Amateur is lojaal teenoor die SARL en bied sy ondersteuning onvoorwaardelik aan.
Die Amateur is progresief en sy stasie is in tred met die wetenskap. Sy bedieningspraktyk is netjies en ordelik.
Die Amateur is vriendelik en verdaagsaam waneer aan hom 'n versoek gerig word. Hy verstrek geredelik raad aan alle amateurs en verleen hulp en samewerking in die gees van amateurradio.
Die Amateur is ewewigtig en laat nie toe dat sy stokperdtjie met sy gesinslewe, werk of gemeenskap inmeng nie.
Die Amateur is patrioties, sy kennis en stasie is altyd vir sy land en gemeenskap beskikbaar.
Toonbortjies
Gemonteerde toonbordjies vir ouer radios
Bulletin Tye
Sondae om 11h15 op 7,115 MHz (vanaf Feb 2022), 14,250 MHz, 52,750 MHz, 145,750 MHz, 438,750 MHz.Kennisgewings
Sien skakel links vir nuwe inhoud.
Radioamateureksamens
Magalies Radioamateurklub bied jaarliks klasse aan vir voornemende radio amateurs om hulle gereed te kry vir die eksamens wat in Mei en Oktober aangebied word deur die SARL. Sien gerus ons RAE skakel links vir die nuutste opleidingskedule.
Kontakbesonderhede sekretaris@zs6mrk.org Rekeningbesonderhede Magalies Radioamateurklub Bank : ABSA Tak: Lyttelton kode:335045 Tjekrekeningnommer: '0600162020' Ledegeld is R240 pp of R300 per familie. Betaalbaar 1 Oktober. Verskaf u roepsein vir verwysing asseblief |
Klubbyeenkomste Normaalweg die derde Saterdag van elke maand om 14:00 by die klubhuis behalwe gedurende Desember. (Luister gereeld na die bulletins vir moontlike veranderings) |