Alle amateurs kan nou aanlyn hulle lisensies hernu op die ICASA webwerf
Volg hierdie eenvoudige stap-vir-stap prosedure om te registreer.
1. Registreer as ‘n Gebruiker by https://online.icasa.org.za/
2. Klik registreer aan die regterkant van die bladsy.
3. Skep 'n nuwe rekening, d.w.s., e-posadres, tik in 'n wagwoord en bevestig
dit.
4. Sodra jy die registrasie indien, ontvang jy 'n e-pos met 'n skakel waarop jy
moet klik om die registrasie te verifieer. Kyk
asseblief in jou Rommel-lêer as jy nie die e-pos ontvang nie.
5. Na voltooiing kan jy by die stelsel aanmeld.
6. Die eerste keer dat jy die stelsel begin gebruik, word jy gevra om 'n
regspersoon te skep deur al jou persoonlike besonderhede vas te lê.
7. Laai 'n afskrif van jou ID-boek op via die skakel onderaan die registrasie
bladsy. Opmerking:
slegs PDF-dokumente word aanvaar.
8. Na indiening sal dit deur die Owerheid goedgekeur word.
9. Na goedkeuring deur die Owerheid sal jy 'n e-pos ontvang wat aandui dat
aansoeke ingedien kan word.
10. Klik op die knoppie ‘Manage’ op die hoofblad onder ‘Radio Frequency
Spectrum.’
11. Klik op die ‘Amend Legacy Radio Frequency License’ knoppie.
12. Tik jou lisensienommer in, sonder al die strepies en laai dan die HAREC- en
HF-sertifikate op. As jy nie hierdie sertifikate het nie, laai dan 'n afskrif
van jou huidige of ou lisensie in die plek van die HAREC- en HF-sertifikate. As
dit 'n ou lisensie wat verval het, laai dan ook die bewys van betaling op.
13. Die Owerheid sal dan die volgende stap voltooi en aan jou terugstuur vir
verifikasie.
Verifieer dat dit korrek is en dien dit in.
14. Die Owerheid sal dan die proses afhandel en 'n elektroniese lisensie uitreik
wat ook op jou ‘Manage’ bladsy afgelaai kan word.
Opmerking: Nadat jy jou ID-boek met al jou besonderhede ingedien het
(Item 7), stuur 'n e-pos met "Amateurradio en die aansoeknommer" in die
onderwerp reël na DKuhrau@icasa.org.za of PJansen@icasa.org.za